Om ‘n konsep wat met 12 Forever Diamonds & Gold vennote begin het en gegroei het tot meer as 33 000 aktiewe lede regoor Suid-Afrika, Namibië, Australië en die VSA, verder te bevorder. Dìt sodat die Afrikaner en dié wat met Forever Diamonds & Gold assosieer, finansiële bevryding kan bekom te midde van skreiende diskriminasie teen hom/haar in die markplek en wetgewing.
Louis Liebenberg se unieke, vinnig-groeiende konsep, Forever Diamonds and Gold (FDG) is Maart 2020 in die lewe geroep.
Die doel van hierdie beginsel is om finansiële vryheid aan die Afrikaner en die Nama te bied. Liebenberg het sedert 2004 driftig in die media, howe en gedurende optogte sy bekende slagspreuk: ‘die minerale rykdom hoort in die hande van gewone mense’ uitgebasuin.
Forever Diamonds and Gold myn, verhandel, slyp en gradeer edelstene, en tree ook op as ‘n middelman tussen delwers en handelaars, met die korrekte permitte en lisensies in plek. Alle winste word deur vennote gedeel.
